Shopping Cart

VirtueMart
Your Cart is currently empty.

Product Categories

Phapo's Gift | Knowledge Thirst Media
PDF Print E-mail

 

New in Paperback:

Phapo's Gift

By Marita van Aswegen

Available in English, Afrikaans and Sotho:

Phapo’s Gift …
bullet2 Teaches children about the effects of Aids and the advantages of abstinence!
bullet2 Highly relevant to our time!
bullet2 Covers issues regarding HIV, Aids, and death.
bullet2 Teaches the countering the Aids epidemic by saying “no” !
bullet2 Full of colorful characters and has dozens of beautiful illustrations!
bullet2 Highly attractive to young readers!
bullet2 A compassionate account of the schoolgirl’s journey with an empowering and triumphant outcome!

ENGLISH AFRIKAANS SOTHO
t_Phapo-Eng-front-cover-1 t_AFR-Phapos-Gift_Cover_Page_01 t_SOT-Phapos-Gift_cover_Page_01


Price: R95.00

Size: 297mm x 210mm

80 pages

Phapo’s Gift, in English: ISBN: 978-0-620-45108-6

Phapo se Geskenk, in Afrikaans: ISBN: 978-0-620-45725-5

Mpho ya Phapo, in Sotho: ISBN: 978-0-620-45881-8

Release date: February 2010

Ten-year-old Phapo is clever, pretty and happy. But she has a big burden to carry: her father, who she loves very much, is dying from Aids. All around her, her school friends are getting boyfriends and girlfriends, but Phapo wants nothing more than to make mud cakes under her favourite tree and dream of beautiful dolls. When the boys start to look at her, her grandma tells her a very special secret: Phapo has a precious, perfect fruit inside her. She alone has the power to treasure or to destroy that fruit.
Phapo’s Gift
• is a truly South African story
• teaches children about the effects of Aids and the advantages of abstinence
• is full of colourful characters
• has dozens of beautiful illustrations
• is highly relevant for our time.

Excerpt 1
Just ahead of them walked a group of boys, most of them about sixteen years old or so. The boys laughed loudly and Sam, the school’s star soccer player and heart-throb, looked back at them. “Silly louts,” said Phapo, “Nurse Dora says they pretend to love you, but they are lying. They hop from girl to girl.” “That’s not true! Sam really loves me. He always buys me food, and he also promised to buy me shoes. And jewellery!” the older girl protested. “He is going to give you Aids!” Phapo said.
“What do you know? You are just a spring chicken!” Dimakatso snorted.
Phapo_1

Excerpt 2
“Sabata says I am pretty,” Phapo said, moving closer to her grandma who smelled of snuff. Grandma looked at her for a long time. When she talked, her voice was as comforting as a blanket when you were cold. “Come and sit with me so that I can braid the sun into your hair.” Phapo sat cross-legged in front of her grandma. “Child who is the apple of my eye, today you must know. I will tell you. I will tell you about the perfect fruit.” “A fruit?” Phapo asked. “Yes. Inside you is a precious fruit, the fruit of virginity. You alone can decide to cherish the fruit inside you. You alone can decide to destroy the fruit inside you.”
Phapo_2

Excerpt 3
“Oh, I know! I know! Grandma told me!” Phapo cried excitedly. “I must cherish the fruit inside me. I must say NO when a boy wants to take my fruit.” “That’s right. You should keep the fruit for the man you are going to marry one day. If you give a taste of your fruit to every man who wants some of it, it gets bruised and you can get Aids,” Nurse Dora replied ….
Phapo_3

.

 
Die tienjarige Phapo is slim, mooi en gelukkig. Sy dra egter ’n swaar las: haar pa, vir wie sy baie lief is, is besig om te sterf aan Vigs. Ander kinders wat saam met haar skoolgaan, stel belang in verhoudings met seuns en meisies, maar al wat Phapo interesseer, is om modderkoekies te maak onder haar geliefkoosde boom en te sit en droom oor pragtige poppe.
Wanneer ’n seun vir haar begin ogies maak, vertel haar ouma vir haar ’n spesiale geheim:
Phapo het ’n kosbare, perfekte vrug in haar. Sy alleen kan die vrug oppas of vernietig. Phapo se Geskenk
• is ’n eg-Suid-Afrikaanse storie
• leer kinders die uitwerking van Vigs en die voordele van weerhouding van seksuele omgang
• het kleurvolle karakters • het dosyne pragtige illustrasies
• is van baie groot belang vir die tyd waarin ons leef

Uittreksel 1
n Entjie voor hulle loop ’n groepie skoolseuns, die meeste van hulle so sestien jaar oud. Die seuns lag hard en Sam, die skool se sokkerster oor wie al die meisies heeltemal mal is, kyk om na hulle. “Simpel goed,” sê Phapo. “Suster Dora sê hulle maak of hulle lief is vir jou, maar hulle jok net. Hulle spring soos ’n padda van die een meisie na die ander.” “Ag, issie waar nie. Sam is rêrig lief vir my. Hy koop altyd vir my eetgoed en hy’t belowe hy gaan vir my mooi skoene ook koop. En juwele!” protesteer die ouer meisie. “Hy gaan vir jou Vigs gee,” sê Phapo. Dimakatso snork. “Wat weet jy? Jy’s nog sommer ’n piepkuiken.”

Phapo_1

Uittreksel 2
“Sabata sê ek is mooi,” sê Phapo en kom staan styf teen haar ouma. Ouma ruik na snuif. Ouma kyk ’n lang ruk stil na haar. Toe sy praat, is haar stem soos ’n kombers wat om jou vou wanneer dit koud is. “Kom sit hier by my sodat ek die son in jou hare kan invleg.” Phapo gaan sit kruisbeen op die grond voor haar ouma. “Kind wat die appel van my oog is, vandag moet jy luister. Ek gaan jou vertel van die volmaakte vrug.” “’n Vrug?” vra Phapo. “Ja, binne-in jou is ’n kosbare vrug, die vrug van maagdelikheid. Jy alleen kan besluit of jy die kosbare vrug in jou wil oppas. En jy alleen kan besluit of jy die kosbare vrug wil vernietig.”

Phapo_2

Uittreksel 3
“Ek weet, ek weet! Ouma het my vertel!“ roep Phapo opgewonde. “Ek moet die vrug in my goed oppas. Ek moet NEE sê wanneer ’n seun my vrug wil steel.” “Dis reg. Jy moet die vrug bêre vir die man met wie jy eendag gaan trou. Maar as jy vir elke man wat wil proe ’n stukkie van jou vrug gee, kan dit kneus en kan jy Vigs kry.”

Phapo_3

.


Boikarabello bo boima: Ntatae, eo a mo ratang haholo, o na le bolwetse ba phamokate. Ka hoohle metswalle ya hae ya sekolo e fumana bahlankana le barwetsana, empa Phapo o ipatlela feela ho bapala mmantlwane tlasa sefate seo a se ratang a lore ka lipopi tse ntle. Ha bashemane ba qala ho khahlwa ke eena, nkhonoae o mmolella lekunutu: Phapo o na le tholoana ya bohlokwa ka hare ho eena. Ke eena feela ea ka bolokang kapa a senya tholwana eo.

Mpho ya Phapo
• ke pale ea Afrika Borwa
• e ruta bana ka phamokate le makgabane a ho qoba thobalano
• e tletse litswantswo tse mebala
• e na le botaki bo botle haholo
• e loketse linako tsa jwale

Excerpt 1

Ka pelenyana ho bona ho tsamaya sehlopha sa bashemane, boholo ba bona ba ka ba dilemo tse leshome le metso e tsheletseng. Bashemane ba tshehela holimo mme Seme, sebapadi se hlwahlwa sa bolo sekolong seo banana ba bangata ba neng ba hlakana dihloho ke sona, sa mo sheba. “Diphoqo tsena,” ho rialo Phapo, “Mooki Dora o re ba iketsa eka ba o rata, athe ha ba na botshepehi. Ba qhoma ngwananeng e mong ho ya ho e mong.” “Tjhe ha ho jwalo! Seme wa nthata. O atisa ho nthekela dijo, hape o tshepisitse ho nthekela dieta. Esita le mabenyane!” ho rialo morwetsana enwa. “O tla o tshela phamokate!” ke Phapo o rialo. “O tseba eng wena? O sa le tsuonyana ea maobane!” ho soma Dimakatso

Phapo_1

Excerpt 2

“Nkgono, Sabata o re ke motle,” Phapo o rialo, mme o atamela ho Nkgonoae ya nkgang kwae ya dinko. Nkgono o a mo sheba halelele. Ha a bua, lentswe la hae le ne le na le mofuthu jwalo ka kobo ha motho a hatsetse. “Tlo o dule pela ka, ke tsebe ho lohella letsatsi moriring wa hao.” Phapo a fihla a dula a fapantse maoto ka pela nkgono. “Wena, thaka ya leihlo la ka, kajeno o lokela ho tseba. Ke tla o bolella. Ke tla o bolella ka ha tholwana e phethahetseng.” “Tholwana?” Phapo a botsa ka ho makala. “E, ka ho wena o jere tholwana ya bohlokwa, tholwana ya borwetsana. Ke wena ya tla etsa qeto ya ho baballa tholwana eo. Ke wena feela ya ka etsang qeto ho e senya.”

Phapo_2

Excerpt 3

“E, ke a tseba! Ke a tseba! Nkgono o mpolelletse!” Phapo o kena mooki hanong ka mafolofolo. “Ke lokela ho boloka tholwana e ka hare ho nna. Ke lokela hore TJHE ha moshemane a batla ho utswa tholwana ya ka.” “Ho jwalo. O lokela ho boloka tholwana ya botjha ba hao e le letlotlo la bohlokwa la molekane wa hao wa kamoso. Ha o ka e latswisa monna e mong le e mong ya e batlang, e tla senyeha mme o ka fumana phamokate!” .


Marita_smallMarita van Aswegen is a prolific South African author and a part-time social worker. She is passionate about children and their stories, and about the magic of everyday life that helps people to rise above their misfortunes.

Website:http://www.maritavanaswegen.co.za/


 

.

 

 

'n Geskenk vir alle kinders - Die Burger

Written by:
Source: View

Date: 20 April 2010


Met ’n doodgewone, maar dapper Suid-Afrikaanse dogtertjie, Phapo, en ’n eg Suid-Afrikaanse storie wil die maatskaplike werker en skrywer Marita van Aswegen 
vir kinders wys hulle is belangrik, skryf Riëtte Grobler

Om met kinders oor die blommetjies en bytjies te gesels is moeilik. Om boonop kwessies soos maagdelikheid, vigs en die dood by so ’n gesprek in te klits, klink dalk na ’n onmoontlike opdrag. 

Dit is egter presies wat die skrywer en maatskaplike werker Marita van Aswegen op ’n sensitiewe en kindervriendelike manier doen in haar boek, Phapo se geskenk. 

Phapo is ’n tienjarige meisietjie op die platteland. Haar pa, met wie sy ’n hegte band het, is sterwend weens vigs. 

Boonop flikflooi die seuns al hoe meer met haar langs die grondpad waarlangs sy 5?km skool toe moet stap en verdwyn een van haar ouer maatjies dikwels agter die bome saam met ’n kêrel.

Hoewel Phapo gekonfronteer word met dié dinge, bly sy ’n kind. Een wat droom van ’n pop met baie rokke en van ’n blink toekoms. 

Nadat haar ouma met haar oor haar kosbare vrug, maagdelikheid, gesels het, is sy vasbeslote om niemand toe te laat om haar daarvan te ontneem nie.
Die towerkrag van kindwees

“Ek besef die boek kan dalk omstrede klink, maar dit is nie die doel nie. Kinders lê my na aan die hart en my belangrikste doel met die boek is om aan alle kinders dié boodskap te stuur: Jý is ook belangrik,” verduidelik Van Aswegen.

“Dit sal so hartseer wees as die magic uit kindwees verdwyn,” sê sy, maar voeg by jy moet kinders inlig om hulle te help om dié towerkrag te behou. Oor kritiek dat haar boek prekerig mag voorkom, trek Van Aswegen net haar skouers op.

“Ek wil ook nie hê mense moet vir my preek nie, maar ek wil graag ingelig word,” sê sy. “Met die boek wou ek vir kinders wys hul maagdelikheid is nét hulle s’n.
“Ek dink dit is belangrik om met kinders oor moeilike onderwerpe te gesels. 

“Ons, ouers, wil ons kinders teen die harde werklikheid beskerm, maar die werklikheid is dat kinders tog daaraan blootgestel word,” vertel Van Aswegen, wat as maatskaplike werker dikwels met kinders te doen kry wat seksueel mishandel is. 

“Die boodskap wat ons met hulle behoort te deel is: Al het jy jou ouers verloor, al is jy mishandel en al het jy níks, bly daardie iemand wat jy ís, belangrik,” beduie sy passievol.

Die dinge wat kinders sien
As boervrou woon sy al 36 jaar lank saam met haar man op hul Vrystaatse plaas en sien sy daagliks hoe kinders, nes Phapo, etlike kilometers skool toe moet stap. Ander het een of albei ouers verloor en word deur familielede versorg of deel ’n klein woonruimte met baie ander mense.

Gevolglik sien en hoor hulle dinge waaraan hulle nie blootgestel behoort te word nie.

“Hoewel sulke kinders op die oog af meer seks-wise mag voorkom, verstaan hulle as kinders nie werklik begryp waaroor seks gaan nie,” sê Van Aswegen. 
“Dan is die enigste plek waar 

iemand onderwerpe soos seks en vigs op hul vlak met hulle bespreek, ’n boek soos hierdie een, waaraan hulle dalk by die skool blootgestel word,” verduidelik sy. 

Selfs kinders wat in beskermende, liefdevolle huishoudings grootword en nie noodwendig Phapo se leefwêreld deel nie, sal kan baat vind by die boek, meen Van Aswegen.

Oor die boek
Phapo se geskenk leer kinders oor die impak van vigs en die voordele van seksuele onthouding. 

Die illustreerder Fanie Viljoen se prentjies verhelder die bladsye en die eenvoudige verhaallyn maak daarvan ’n lekkerlees-boek.

Die boek word uitgegee deur Knowledge Thirst Media en kos R95. Die ISBN is 9780?6204?57255.

 
Copyright © Knowledge Thirst Media
Designed by AshiharaOnline Webdevelopers